Groenvoet is an Afrikaans equivalent for a:

green steward / tree hugger / rainbow warrior / earth guardian / green activist / environmentalist

 

Wees ‘n groenvoet!

  • Maak seker dat jou alledaagse lewe nie ‘n groot negatiewe impak op die aarde en ons eko-sisteme het nie.
    – Spaar water & elektrisiteit
    – Ry so min as moontlik, stig ry-klubs, gebruik publieke vervoer en gebruik ‘n fiets (of stap) vir kort afstande
    – Gebruik herwinbare energie, soos wind- en son-krag
    – Eet minder vleis
    – Herwin, hergebruik en maak goed heel eerder as om nog gemors te skep
    – Kompos
    – Sê nee dankie vir plastieksakke deur herbruikbare sakke vir jou inkopies saam te neem
    – Sê nee dankie vir strooitjies, weggooidoeke en ander enkel-gebruik produkte
    – Koop organies
    – Vermy palmolie produkte
    – Vermy chemikalieë in jou prokute
    – Plant jou eie groente en vrugte, selfs ‘n kombuis-vensterbank kruietuin maak ‘n verskil
    – Koop plaaslik, ondersteun plaasmarkte
    – Leer oor nog maniere om jou impak te verminder
  • Raak betrokke by plaaslike projekte en organisasies wat ‘n verskil maak in jou gemeenskap en omgewing.
  • Praat met leiers oor veranderinge wat behoort gemaak te word
  • Begin pret eko-projekte en kry ander mense betrokke
  • Inspireer ander deur jou optrede & deur positiewe projekte en nuus oor natuurbewaring te deel

Bronne om jou aan die gang te kry, of nog idees te gee oor hoe om ‘n positiewe impak te maak: